BabyGym_Logo 2021_White_TransparentBabyGym_Logo 2021_White_TransparentBabyGym_Logo 2021_White_TransparentBabyGym_Logo 2021_White_Transparent
  • HOME
  • ABOUT
  • CLASSES & WORKSHOPS
    • Find an Instructor near you
    • Success Stories
  • TRAINING
    • Instructor Testimonials
  • SHOP
    • My account
    • Terms and Conditions
  • RESOURCES
    • Articles
    • Our Stories
    • Instagram
    • Milestone Chart
    • Podcasts | Potgooie
    • Senses E-Book
    • Watch
  • CONTACT US
  • 0 itemsR0.00
✕
Celebrating Traynor’s progress one day at a time
October 28, 2026

Ons vier Traynor se vordering, een dag op ’n slag

Deur Shaylene Lendrum |

Traynor is gebore met ’n esofageale trageale fistel. In leketaal beteken dit daar was ’n gat in sy slukderm.

Sy pediater en chirurg het ons verseker dat die operasie niks was om ons oor te kwel nie. Dit sou die volgende dag gedoen word. Hy was dus nog nie eens 24 uur oud toe hulle hom teater toe geneem het nie. Dit is toe dat dinge aaklig begin skeefloop het.

Nadat ’n toetsdosis narkose toegedien het, het Traynor se hartklop skynbaar begin daal en moes hulle sy hart masseer. Toe hy uiteindelik gestabiliseer is, is hy teruggeneem na die pedriatiese intensiewesorgeenheid, waar hy aan ’n ventilator gekoppel is. Hy moes weer geresussiteer word. Hy het toe asidoties geraak vir ’n paar uur, wat beteken dat daar te veel koolstofdiosied in sy liggaam was. Sy niere het ophou werk en ons is gewaarsku dat hy miskien nie die nag sou oorleef nie. Hy het.

Na ’n tydjie kon hy sonder die ventilator asemhaal en sy slukderm is herstel toe hy 10 dae oud was. Sy longe was swak, wat ’n ongelukkige komplikasie van die fistel was. Hy het ook ongelukkig ernstige breinskade opgedoen as gevolg van die verlengde asidose en toon nou tekens van spastiese serebrale verlamming en skade aan die optiese senuwees. Vanweë die breinskade kan hy ook nie suig nie, daarom moes hy nog twee operasies ondergaan om ’n voedingsbuisie in sy maag te plaas om voedsel toe te dien. Hy was altesaam 73 dae lank in die pedriatiese intensiewesorgeenheid.

Toe hy die eerste keer huis toe gekom het uit die hospitaal, het enige aanraking hom vreeslik ontstel en het hy ’n baie sterk braakrefleks gehad as gevolg van al die suiging wat hy moes ondergaan in die hospitaal. Met behulp van herhaalde BabaGim-massering en ander positiewe ervarings van aanraking kon ek help om sy weerstand teen aanraking te verminder. Die BabaGim-massering het sy algemene bewustheid van sy liggaam en van waar hy hom in die ruimte bevind, verbeter.

Hoewel hy byna 3 maande oud was, was sy duime nog steeds styf en het hy nie dikwels sy vuiste oopgemaak nie. Die neuro-fisioterapeut was bekommerd dat sy duim na binne gedraai sou bly, aangesien dit nooit vanself reguit gebly het nie. Met behulp van BabaGim-masseertegnieke het ek hom sover gekry om nie meer sy duime so styf in te trek nie. Sy hande het meer begin ontspan toe hy sowat 5 maande oud was, en wanneer hy rustig is, lê sy duim nou in ’n meer normale posisie.

Sy stywe spiere sal altyd ’n probleem bly as gevolg van die spastiese serebrale verlamming, maar dit is vererger deur die stres van sy hospitaalverblyf. Sy spiere is minder styf vandat ek die BabaGim-beenmasseringstegniek gebruik. Die BabaGim-kuitspiermassering was besonder nuttig om hom te kalmeer en mediese personeel is dikwels verbaas oor die mate waarin hy sy bene kan beweeg.

Hy is geneig om sy lyfie styf te trek en agteroor te buig, veral wanneer hy ontsteld is, deels as gevolg van die serebrale verlamming (volgens die neuro-fisioterapeut). Ek slaag gelukkig daarin om hom vinnig te laat kalmeer met behulp van die kalmerende tegnieke wat in BabaGim aan die hand gedoen word. Dit behoort te help om die langtermyn- skadelike invloed op sy spiere te beperk. Ek het gevind dat die BabaGim-oormassering, stywe drukkies en tikkies op die borsbeen besonder effektief is hiervoor.

Die rol-aktiwiteite en -oefeninge het ook sy motoriese ontwikkeling bevorder. Hy het die korrekte beenposisie geleer en kan in ’n mate sy arms in die regte posisie kry (hoewel hy soms hulp nodig het hiermee) om self van sy maag op sy rug te kan rol. Hy het self begin omrol toe hy 6½ maande oud was. Die mediese personeel was baie verbaas dat hy hierdie mylpaal so vinnig bereik het.

Baie tyd op die mat en op sy magie het beslis gehelp om sy nek- en kernspiere sterker te maak. Hy kon sy kop baie vroeër as verwag regop hou op 2½ maande – nader aan die gewone ouderdom vir hierdie mylpaal. Hy het egter nog magietyd nodig, aangesien hy gou moeg word en nie sy kop vir lank kan regop hou nie. Sy nek- en kernspiere moet dus nog sterker word.

Sedert sy aanvanklike 73 dae in die hospitaal het hy altesaam meer as ’n maand in die hospitaal deurgebring (by drie afsonderlike geleenthede) as gevolg van ontsteekte lugweë nadat hy braaksel ingeasem het; een van sy longe het ook platgeval. Al hierdie bykomende tyd in die hospitaal was baie stresvol vir hom en het van die vordering ongedaan gemaak. Ek werk met hom in die hospitaal sover sy toestand dit toelaat en sorg dat hy baie beweeg, al is hy gestres en al kan hy nie soveel magietyd en oefening inkry soos gewoonlik nie.

Sy verbeterde bewussyn van waar sy ledemate in verhouding tot die ruimte rondom hom is, blyk duidelik uit sy verbeterde vermoë om gereeld sy suurstofmasker af te haal en die verpleegsters te laat nader draf.

Dit is duidelik dat die tegnieke wat gebruik word Traynor ’n baie groter kans bied om sy motoriese vaardighede te verbeter ten spyte van sy groot agterstand weens die serebrale verlamming.

Cozette Laubser
Cozette Laubser

Related posts

October 28, 2026

Celebrating Traynor’s progress one day at a time


Read more

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

✕

Login

Lost your password?

Create an account?